Met sy splinternuwe album DWAAS bring Steve Hofmeyr ’n vars en energieke konsertreeks wat oud en jonk gaan bekoor. Die vertoning sluit kragtige nuwe treffers soos “Dwaas”, “Laaste Song”, “As Jy My Vind” en “Alleen” in – liedjies wat reeds besig is om diep in luisteraars se harte vas te steek.
Tussen die nuwe klanke deur sorg Steve natuurlik ook vir die geliefde gunstelinge wat sy aanhangers oor die jare leer ken en liefkry het. Hierdie show is ’n reis deur sy musieklewe – van nostalgie tot nuut, van sarkasme tot siel, met die eerlike storievertelling en kenmerkende humor wat net Steve Hofmeyr kan bring.